Ek het ‘n Afrikaanse boek gelees

Ek het vandag vir die eerste keer ‘n Afrikaanse boek gelees en ek is baie bly dat ek dit kon gedoen het, omdat ek nou eers die taal leer vir twee maande .

As jy nie wil he dat die verhaal bederf word nie, dan moet jy eerder nie verder lees nie …

Die titel van die boek wat ek gelees het, is Die Horlosiemaker, geskryf deur Anna Erishkigal. Dit is ‘n novelle, wat 38 bladsye het. Ek dink dit was ’n Engelse boek, wat vertaal is in Afrikaans, want die storie vertel die verhaal van ’n meisie wat in ’n stad woon met Engelse straatname dus klink dit eintlik asof dit in Amerika afspeel. Later lees ons dat haar kêrel as ‘n soldaat met die weermag na Afganistan toe gaan om te veg teen die Taliban dus word dit bevestig dat die verhaal in Amerika afspeel.

Die meisie waaroor die storie gaan, is Marae. Sy het by haar kêrel ‘n horlosie gekry, wat gestop het om presies 3 voor 4  die middag, op Woensdag, die 29ste Januarie. Ons kom te weet dat dit die oomblik is waarop Jos (Marae se kêrel) gesterf het./ Dit is op daardie oomblik dat ons uitvind Jos, Marae se kerel het gestrerf.

Jos wil met Marae trou omdat hy ‘n is soldaat en na ‘n oostelike land toe moet gaan (sy vertel nie watter land dit is nie, maar ons lees later dat dit Afganistan is). Hy het twee ringe gekoop by die horlosiemaker waarvoor hy nog nie heeltemal betaal het nie. Dit is dieselfde plek waar hy ook die horlosie gekoop het wat nou gestop het. Marae het geskrik, toe sy uitgevind het wat Jos wou doen. Marae se familie het gesê sy moet die verhouding met Jos verbreek, want hy is ‘n swartman en die familie wil dit nie hê nie.

Die dag voordat Jos as n soldaat met die weermag na n verre land vetrek het her hy n teksboodskap gekry van Marae. Marae het vir Jos gese dat sy nie met hom wil trou nie alhoewel sy nog altyd verlief was op Jos. Ons het uit gevind op watter wyse Jos gesterf het.  Hy het met sy soldate ‘n paadjie gevat, waar die Taliban ‘n lokval gemaak het. Jos is die enigste een wat gesterf het in die lokval.

By die horlosiemaker sien Marae drie spesiale horlosies, waarmee sy ‘n uur van haar lewe terug kan kry. Sy wil baie graag nog een keer totsiens sê, nog een keer vir Jos‘n drukkie gee en sê hy moet nie die hoë pad vat nie om te verhoed dat hy sal sterf in die lokval.

Marae het saam met die spesiale horlosie ook die ringe terug gekry van die horlosiemaker waarvoor Jos betaal het. Sy het die ringe in haar rugsak gesit.

Sy gaan terug na die oomblik waarop Jos met die weermag sal vertrek. Hy vertrek amper maar sy is tog net-net betyds. Jos se moeder sien Marae en sy wil haar nie verby laat nie. Sy is nog altyd boos op Marae omdat sy haar seun afgesê het en Jos nou ‘n doodswens het. Jos se moeder het aan Marae gese “As hy in Afganistan sterf, sal dit jou se skuld wees.” Marae sê teen Jos se moeder dat sy is reg, maar vra tog mag sy asseblief Jos waarsku …

Uiteindelik kom sy tog by Jos uit. Sy gee hom ‘n drukkie en sê ‘n paar keer hy mag nie die paadjie vat nie. Kort daarna is die ekstra uur verby en keer Marae terug na die hede. Sy weet nie wat met almal gebeur het nie, en of sy dit kon reg kry om Jos te oortuig nie. Al wat sy weet is sy moet die horlosie terug kry by die horlosiemaker, voordat die winkel toe maak.

Ons lees dat Jos tog geluister het na Marae en nie in Afganistan die paadjie gevat het nie, nes Marae gepleeg/vra het. Jos leef nog en is terug in Amerika. Marae huil en huil van ongeloof, maar Jos begryp nie waarom nie. Die laaste wat ons lees, is dat hulle tog gaan trou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *